Luke 9:52 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het boodskappers voor sy aangesig gestuur, en hulle het gegaan en in 'n dorpie van die Samaritane ingegaan om vir hom gereed te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het boodskappers vooruit gestuur na ’n Samaritaanse dorpie om vir sy koms gereed te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | en boodskappers voor Hom uit gestuur; en hulle het vertrek en in 'n dorp van die Samaritane gekom om vir Hom klarigheid te maak. |
| Afrikaans 1983 | en boodskappers voor Hom uit gestuur. Hulle het vertrek en in 'n dorp van die Samaritane gekom om daar vir Hom verblyf te reël. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het boodskappers voor Hom uitgestuur. En hulle het vertrek en by 'n Samaritaanse dorpie aangekom om daar vir Hom voorbereidings te tref. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het boodskappers gestuur en hulle het by 'n Samaritaanse dorpie gekom en vir die mense gevra hulle moet vir Jesus slaapplek en kos gereedmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het toe ’n paar van sy volgelinge vooruitgestuur om te sorg dat Hy oral langs die pad ’n plek het om oor te bly. Jesus se volgelinge het in ’n dorp in die gebied van die Samaritane aangekom om vir Jesus kos en slaapplek te reël. |