Luke 9:51 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur, toe die tyd aangebreek het dat hy opgeneem sou word, het hy vasberade sy aangesig gerig om na Jerusalem te gaan, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die tyd naderkom vir Jesus se terugkeer hemel toe, het Hy vasbeslote die tog na Jerusalem begin. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die dae van sy opneming nader kom, het Hy sy aangesig gerig om na Jerusalem te reis, |
| Afrikaans 1983 | Toe die tyd nader kom dat Jesus in die hemel opgeneem sou word, het Hy vasbeslote die reis na Jerusalem begin |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die tyd vir Jesus se hemelvaart nader kom, was Hy vasberade om die reis na Jerusalem te onderneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was amper Jesus se tyd om na die hemel te gaan. Hy het besluit om na Jerusalem te gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus se taak om God se nuwe wêreld bekend te maak het nou stadig maar seker einde se kant toe begin staan. Hy moes binnekort na sy hemelse woonplek toe terugkeer. Maar eers moes Hy na Jerusalem toe gaan. |