Luke 9:50 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jesus sê vir hom: Verbied hom nie, want wie nie teen ons is nie, is vir ons. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Jesus het geantwoord: “Los hom. Enigiemand wat nie teen julle is nie, is vir julle.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vir ons. |
| Afrikaans 1983 | Maar Jesus sê vir hom: “Moet hom nie keer nie, want wie nie teen julle is nie, is vír julle.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Jesus het vir hom gesê: “Moet hom nie keer nie, want wie nie teen julle is nie, is vir julle. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jesus het vir Johannes gesê: “Julle moet hom nie keer nie, want as hy nie teen julle is nie, dan help hy vir julle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Moenie hom keer om dit te doen nie,” het Jesus dadelik geantwoord. “Want mense wat sulke dinge doen, is tog nie julle vyande nie. Hulle staan ten minste nie aan die duiwel se kant nie.” |