Luke 9:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En elkeen wat julle nie ontvang nie, as julle uit daardie stad uitgaan, skud die stof van julle voete af as 'n getuienis teen hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 As die mense van die dorp by julle aankoms nie julle boodskap aanvaar nie, skud dan die stof van julle voete af by julle vertrek. Dit is ’n teken dat julle daardie dorp aan sy eie lot oorlaat.”
Afrikaans 1933/1953 En almal wat julle nie ontvang nie -- as julle van daardie stad weggaan, skud selfs die stof van julle voete af, tot 'n getuienis teen hulle.
Afrikaans 1983 As daar mense is wat julle nie wil ontvang nie, moet julle van so 'n plek af weggaan en die stof van julle voete afskud as aanklag teen hulle.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En as enigiemand julle nie verwelkom nie – wanneer julle daardie dorp verlaat, skud die stof van julle voete af as getuienis teen hulle.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En as die mense julle nie daar wil laat bly nie, dan moet julle weggaan van daardie stad en julle moet die stof van julle voete afskud. So sal julle vir hulle waarsku dat God hulle sal straf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar as die mense julle nie vriendelik ontvang nie, gee dadelik pad. Moenie verder sukkel nie. Gaan dan na ’n ander dorp toe. Maar skud eers in die openbaar al die stof van daardie dorp uit julle klere uit. So wys julle dat hulle hulle kans verspeel het om deel te word van God se nuwe wêreld.”