Luke 9:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat hierdie woorde in julle ore insink, want die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van mense.
Afrikaans (NLV) 2011 “Luister na My en onthou wat Ek sê. Ek, die Seun van die Mens, gaan uitgelewer word aan die mag van mense.”
Afrikaans 1933/1953 Bewaar hierdie woorde in julle ore; want die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense.
Afrikaans 1983 Terwyl almal verbaas was oor alles wat Jesus gedoen het, sê Hy vir sy dissipels: “Wat julle betref, hou hierdie woorde goed in gedagte: Die Seun van die mens gaan in die hande van mense oorgelewer word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Luister goed na hierdie woorde: Die •Seun van die Mens gaan in die hande van mense oorgelewer word. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet goed luister na wat Ek vir julle sê. Die tyd is nou naby wanneer God vir My, die Seun van die mens, vir die mense sal gee sodat hulle My kan doodmaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tussen al die opgewondenheid deur het Jesus vir sy dissipels gesê: “Onthou baie goed wat vandag hier gebeur het, want dit gaan nie altyd so maklik wees nie. Binnekort gaan die mense My vang en My soos ’n misdadiger behandel.”