Luke 9:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle was almal verbaas oor die magtige krag van God. Maar terwyl hulle almal verwonder het oor alles wat Jesus gedoen het, sê Hy vir sy dissipels:
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense was verslae toe hulle hierdie wonderbaarlike uiting van God se krag sien. Terwyl almal verbaas was oor al die wonderlike dinge wat Hy doen, het Jesus vir sy dissipels gesê:
Afrikaans 1933/1953 En almal was verslae oor die majesteit van God. En toe almal verwonderd was oor alles wat Jesus gedoen het, sê Hy vir sy dissipels:
Afrikaans 1983 Almal was verslae oor die grootheid van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Almal was verstom oor die grootheid van God. Terwyl almal nog verbaas was oor al die dinge wat Hy gedoen het, sê Hy vir sy dissipels:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense was verbaas omdat God so sterk is en dit alles kan doen. Al die mense was verbaas oor alles wat Jesus gedoen het. Maar Jesus het vir sy dissipels gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal wat gesien het wat gebeur, was verstom. “God is regtig groot,” het hulle vir mekaar gesê.