Luke 9:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, 'n gees gryp hom, en hy roep skielik uit; en dit verskeur hom dat hy weer skuim, en om hom te verbrysel, wyk skaars van hom af.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Onrein gees hou aan om hom te pak en dan skree hy skielik. Dit laat hom stuiptrekkings en skuim om die mond kry. Die gees verniel en beseer hom altyd. Dit laat hom omtrent nooit los nie.
Afrikaans 1933/1953 En kyk, 'n gees gryp hom, en meteens skreeu hy, en hy laat hom stuiptrekkings kry met skuim in die mond en gaan amper nie van hom weg nie en verniel hom.
Afrikaans 1983 'n Gees pak hom onverwags beet, dan gaan hy skielik aan die skreeu en hy kry stuiptrekkings en ook skuim om die mond. Die gees hou aan om hom te verniel en laat hom nie maklik weer los nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, 'n gees pak hom gereeld beet en dan gaan hy skielik aan die skreeu. Hy gee hom stuiptrekkings met skuim om die mond, en verniel hom en wil hom beswaarlik los.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is 'n onrein gees wat my seun aanval, dan begin my seun dadelik skree. Die gees laat hom ruk en skop, en skuim kom by sy mond uit. Die gees los my seun amper nooit nie, en hy is besig om my seun dood te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek dink hy is in die mag van ’n bose gees. Hy kry sulke snaakse aanvalle. Dan begin hy skree en sy hele liggaam gaan aan die ruk. Skuim loop ook by sy mond uit. Die aanvalle hou omtrent nooit op nie. My arme kind is al behoorlik verniel.