Luke 9:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, 'n man van die skare het uitgeroep en gesê: Meester, ek bid U, kyk na my seun, want hy is my enigste kind.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Man uit die skare het na Hom geroep: “Leermeester, kyk asseblief na my seun, hy is my enigste kind.
Afrikaans 1933/1953 En daar roep 'n man uit die skare en sê: Meester, ek bid U, kyk tog na my seun, want hy is my enigste.
Afrikaans 1983 Meteens roep daar 'n man uit die skare: “Meneer, ek smeek U, kyk bietjie na my seun. Hy is my enigste kind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En skielik het 'n man uit die skare hard uitgeroep: “Meester, ek smeek U, kom kyk asseblief na my seun, want hy is my enigste kind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een van die mense het hard gepraat en gesê: “Meneer, ek soebat U, help asseblief my seun. Hy is my enigste seun.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Man daar in die skare het skielik hard uitgeroep: “Goeie Leermeester, ek smeek U, help my seun, asseblief. Hy is my enigste kind. En hy ly verskriklik.