Luke 9:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die stem verby was, is Jesus alleen gevind. En hulle het dit naby gehou en aan niemand vertel in daardie dae van die dinge wat hulle gesien het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die stem weggesterf het, was Jesus alleen daar. Hulle het vir niemand vertel wat hulle gesien het voor lank daarna nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat die stem gekom het, was Jesus daar alleen. En hulle het geswyg en aan niemand in daardie dae iets vertel van wat hulle gesien het nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe die stem praat, merk hulle dat Jesus alleen daar is. Hulle het hieroor stilgebly en in daardie tyd vir niemand anders enigiets vertel van wat hulle gesien het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat die stem gepraat het, het hulle Jesus alleen aangetref. Hulle het stilgebly en vir niemand in daardie tyd vertel wat hulle gesien het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe God klaar gepraat het, het die drie dissipels net vir Jesus daar gesien. Die dissipels het stilgebly, en terwyl Jesus by hulle op die aarde was, het hulle vir niemand vertel van die dinge wat hulle gesien het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na hierdie woorde was die wolk skielik weg. Jesus het alleen daar gestaan. Die dissipels het vir niemand vertel wat hulle gesien het nie. |