Luke 9:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Terwyl Hy so spreek, het daar 'n wolk gekom en hulle oorskadu; en hulle was bang toe hulle in die wolk ingaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar terwyl hy nog praat, kom daar ’n wolk en omvou hulle, en vrees het hulle beetgepak toe Moses en Elia in die wolk ingaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe hy dit sê, kom daar 'n wolk en oordek hulle, en hulle het bang geword toe daardie manne in die wolk ingaan. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl hy nog praat, kom daar 'n wolk en gooi sy skaduwee oor hulle, en toe die wolk hulle insluit, het die dissipels bang geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl hy nog praat, kom daar 'n wolk en gooi 'n skaduwee oor hulle. En terwyl hulle in die wolk verdwyn, het die dissipels bang geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Petrus was nog besig om te praat, toe kom daar 'n wolk wat vir hulle almal toegemaak het. Die drie dissipels het bang geword toe die wolk oor hulle kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Petrus se woorde was skaars koud, toe kom daar ’n groot wolk oor hulle almal. Die dissipels het baie bang geword toe hulle sien hoe die twee mans in die wolk instap. |