Luke 9:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat in heerlikheid verskyn het en van sy dood gespreek het wat hy in Jerusalem sou volbring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle was glansryk in voorkoms. Hulle het met Jesus gepraat oor hoe Hy God se plan sal volvoer deur in Jerusalem te sterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het in heerlikheid verskyn en van sy uitgang gespreek wat Hy in Jerusalem sou volbring. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het in hemelse glans verskyn en met Hom gepraat oor sy uittog wat Hy in Jerusalem sou voltooi. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het in hemelse glans verskyn en met Hom gepraat oor sy uittog, wat Hy in Jerusalem tot vervulling sou bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hulle het soos konings gelyk. Hulle het gepraat oor Jesus wat 'n paar dae later in Jerusalem sou sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle was self met glans omring. Hulle het met Jesus gepraat oor alles wat op Hom in Jerusalem wag. |