Luke 9:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Hy vir hulle: Neem niks vir julle reis nie, geen stokke of skei of brood of geld nie; ook nie twee jasse elk nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Moenie eers ’n kierie saamvat nie,” het Hy gesê, “of ’n reissak of kos of geld nie; nie eers bo-klere nie.
Afrikaans 1933/1953 en vir hulle gesê: Neem niks vir die pad nie, geen stokke of reissak of brood of geld nie, en geeneen van julle moet twee kledingstukke hê nie.
Afrikaans 1983 Hy het vir hulle gesê: “Moet niks vir die pad saamvat nie, nie 'n kierie of 'n reissak of brood of geld of nog 'n kledingstuk nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en vir hulle gesê: “Moet niks vir die pad saamneem nie, nie 'n wandelstok of 'n reissak of brood of geld of twee kledingstukke nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir die dissipels gesê: “Julle mag niks saamneem wanneer julle gaan nie. Julle mag nie 'n kierie of 'n rugsak of kos of geld saamneem nie. Julle mag net die klere saamneem wat julle aanhet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Moenie ’n groot tas saamvat, of ’n klomp padkos of ’n dik beursie vol geld nie. Een stel klere is meer as genoeg.