Luke 9:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy sê vir hulle: Maar wie sê julle is Ek? Petrus antwoord en sê: Die Christus van God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe vra Hy vir hulle: “Wie, sê julle, is Ek?” Petrus het geantwoord: “U is die Messias wat deur God gestuur is!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: Die Christus van God! |
| Afrikaans 1983 | “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” Toe antwoord Petrus: “Die Gesalfde van God.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sê toe vir hulle: “Maar julle, wie sê julle is Ek?” •Petrus het geantwoord: “Die Christus van God.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir hulle gevra: “Maar julle, wat sê júlle? Wie sê júlle is Ek?” Petrus het geantwoord: “U is die Christus van God.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “En julle?” vra Jesus vir hulle. “Wie sê julle is Ek?” Petrus het nie ’n oomblik gehuiwer nie: “U is die Een wat deur God na ons toe gestuur is. U is die Messias.” |