Luke 9:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle antwoord en sê: Johannes die Doper; maar sommige sê: Elía! en ander sê, dat een van die ou profete opgestaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wel,” het hulle geantwoord, “sommige sê Johannes die Doper, sommige sê Elia, en ander sê U is een van die vroeëre profete wat uit die dood opgestaan het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle antwoord en sê: Johannes die Doper, en ander: El¡a, en ander dat een van die ou profete opgestaan het. |
| Afrikaans 1983 | Hulle antwoord: “Johannes die Doper; party sê weer: Elia, en party: 'n profeet van die ou tyd het opgestaan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En hulle het geantwoord: “Johannes die Doper, maar ander sê Elia, en ander weer dat een van die profete van ouds opgestaan het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dissipels het vir Hom gesê: “Party mense sê U is Johannes die Doper, party mense sê U is Elia, en ander mense sê U is een van die profete wat lank gelede gelewe het en wat nou weer begin lewe het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Johannes die Doper,” het hulle dadelik geantwoord. “Of Elia. Ja, selfs een van die profete uit die ou dae wat weer lewendig geword het.” |