Luke 9:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl Hy alleen besig was om te bid, was sy dissipels by Hom; en Hy het hulle gevra en gesê: Wie sê die volk is Ek? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eendag ná Jesus alleen in gebed was, het Hy na sy dissipels gekom en gevra: “Wie sê die mense is Ek?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Hy besig was om alleen te bid, was die dissipels by Hom, en Hy vra hulle en sê: Wie sê die skare is Ek? |
| Afrikaans 1983 | Op 'n keer terwyl Jesus eenkant besig was om te bid, het sy dissipels by Hom saamgekom. Toe vra Hy hulle: “Wie, sê die mense, is Ek?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op 'n keer, toe Jesus alleen gebid het, met slegs sy dissipels by Hom, het Hy hulle gevra: “Wie sê die mense is Ek?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Eendag was Jesus alleen, Hy was besig om te bid. Die dissipels was daar naby Hom. Jesus vra toe vir hulle: “Wat sê die mense, wie is Ek?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het Jesus alleen gaan bid. Net die twaalf dissipels was by Hom. Hy vra toe vir hulle: “Wie sê hulle is Ek?” |