Luke 9:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel, seën dit en breek dit en gee aan die dissipels om voor die skare voor te sit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het die vyf brode en twee visse geneem, opgekyk na die hemel, en God se seën daarop gevra. Hy het toe aangehou om die brood in stukke te breek en dit saam met die vis aan sy dissipels gegee om aan die mense te gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, en nadat Hy opgekyk het na die hemel, seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het Hy die vyf brode en die twee visse geneem, na die hemel opgekyk en die seën gevra. Toe breek Hy dit en gee dit vir die dissipels om aan die mense voor te sit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die vyf brode en die twee visse geneem, na die hemel opgekyk en die seëngebed uitgespreek. Hy het dit toe in stukke gebreek en vir sy dissipels gegee om aan die skare uit te deel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het Jesus die vyf brode en twee visse geneem. Hy het opgekyk na die hemel en Hy het God geprys en dankie gesê vir die kos. Daarna het Hy die kos in stukke gebreek en Hy het dit vir die dissipels gegee. Die dissipels het dit vir die mense gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe almal ’n sitplek gehad het, vat Jesus die vyf brode en die twee visse, sê vir God daarvoor dankie, spreek sy seën daaroor uit en begin dit in kleiner stukkies breek. Hy het dit aan die dissipels gegee om aan die skare uit te deel. |