Luke 9:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Hy sê vir hulle: Gee julle vir hulle om te eet. En hulle sê: Ons het net vyf brode en twee visse; behalwe dat ons vir al hierdie volk moet gaan vleis koop. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Jesus sê: “Gee júlle vir hulle kos.” “Dis onmoontlik!” het hulle beswaar gemaak. “Ons het net vyf brode en twee visse. Of verwag U dat ons genoeg kos moet gaan koop vir hierdie hele skare?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Hy sê vir hulle: Gee julle vir hulle iets om te eet. Maar hulle antwoord: Ons het nie meer as vyf brode en twee visse nie, tensy ons voedsel gaan koop vir al hierdie mense. |
| Afrikaans 1983 | “Gee julle vir hulle iets om te eet,” sê Hy toe vir hulle. Maar hulle antwoord: “Ons het hier niks meer as vyf brode en twee visse nie. Of moet ons self vir hierdie klomp mense gaan kos koop?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sê toe vir hulle: “Gee julle vir hulle iets te ete.” Maar hulle antwoord: “Ons het niks meer nie as net vyf brode en twee visse, tensy ons gaan kos koop vir al hierdie mense.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jesus het vir hulle gesê: “Júlle moet vir hulle kos gee om te eet.” Die dissipels het gesê: “Ons het net vyf brode en twee visse. Ons kan nie vir al hierdie mense kos gee nie, ons sal moet gaan kos koop.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Jesus vir sy dissipels: “Gee julle vir hulle iets om te eet.” “Wat? Dis onmoontlik,” het hulle almal tegelyk geantwoord. “Ons het net vyf brode en twee visse vir ons en vir U saamgebring. Dis al! Ons sal iewers moet gaan kos koop vir hierdie groot skare.” Net die mans alleen in die skare was by die 5 000. |