Luke 9:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die dag begin aanbreek het, kom die twaalf en sê vir hom: Stuur die skare weg, dat hulle na die stede en omstreke kan gaan en vernag en voedsel kry; want ons is hier in 'n woestyn plek.
Afrikaans (NLV) 2011 Laatmiddag het die twaalf apostels na Hom gekom en gesê: “Stuur die mense na die omliggende dorpe en plase om daar kos en verblyf vir die nag te kry. Hier is niks te eet in hierdie verlate plek nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe die dag begin daal, kom die twaalf na Hom en sê vir Hom: Stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe en buitewyke in die omtrek kan gaan en herberg en voedsel kry; want ons is hier in 'n verlate plek.
Afrikaans 1983 Toe die son begin sak, kom die twaalf na Hom toe en sê: “Stuur die mense weg dat hulle by die dorpe en plase in die omtrek slaapplek en kos kan gaan soek, want ons is hier op 'n verlate plek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het al skemer begin raak. Toe het die twaalf nader gekom en vir Hom gesê: “Stuur die skare weg na die dorpies en plase in die omgewing om slaapplek en kos te gaan soek, want ons is hier op 'n verlate plek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het laat geword, en die twaalf dissipels het na Jesus toe gekom en gesê: “Stuur die mense weg sodat hulle na die dorpies en plase hier naby kan gaan om slaapplek en kos te kry. Hier waar ons is, is niks kos nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Later die middag toe dit begin donker word, het die dissipels Jesus eenkant toe geroep en vir Hom gesê: “U moet asseblief nou klaar praat. Stuur die mense weg om vir hulle iewers in die omgewing ’n slaapplek en iets te ete te kry. Ons is hier tussen niks en nêrens. Hier is nie kos of blyplek vir hulle nie.”