Luke 9:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die volk dit weet, het hulle Hom gevolg; en Hy het hulle aangeneem en met hulle oor die koninkryk van God gespreek en die wat genesing nodig gehad het, gesond gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die skare het uitgevind waarheen Hy op pad was en Hom gevolg. Hy het hulle verwelkom en hulle onderrig oor die koningsheerskappy van God, en dié wat siek was, gesond gemaak.
Afrikaans 1933/1953 Maar die skare het dit te wete gekom en Hom gevolg; en Hy het hulle ontvang en met hulle gespreek oor die koninkryk van God, en die wat genesing nodig gehad het, gesond gemaak.
Afrikaans 1983 Maar die mense het dit te wete gekom en agter Hom aan gegaan. Hy het hulle verwelkom en met hulle gepraat oor die koninkryk van God, en dié wat genesing nodig gehad het, het Hy gesond gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die skare het dit agtergekom en Hom daarheen gevolg. Hy het hulle verwelkom, en met hulle gepraat oor die •koninkryk van God, en diegene wat genesing nodig gehad het, het Hy gesond gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar toe die mense hoor waarnatoe hulle gaan, het hulle ook daarnatoe gegaan. Jesus het vir hulle gewag. Toe praat Hy met hulle en sê vir hulle God is Koning en Hy regeer. Jesus het ook die mense gesond gemaak wat graag gesond wou word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense het gou uitgevind waar Jesus is en het soontoe gestroom. Jesus het hulle vriendelik ontvang en met hulle gepraat oor God se nuwe wêreld. Hy het ook al die siekes tussen hulle gesond gemaak.