Luke 9:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die apostels terugkom, het hulle Hom alles vertel wat hulle gedoen het. En hy het hulle geneem en alleen opsy gegaan na 'n verlate plek wat aan die stad behoort wat Betsáida genoem word.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die apostels terugkom, het hulle vir Jesus alles vertel wat hulle gedoen het. Toe is Hy stilletjies saam met hulle na die dorp Betsaida.
Afrikaans 1933/1953 En toe die apostels terugkom en Hom alles vertel wat hulle gedoen het, het Hy hulle saamgeneem en in die eensaamheid gegaan na 'n verlate plek van 'n stad met die naam van Bets ida.
Afrikaans 1983 Toe die apostels terugkom, het hulle Jesus alles vertel wat hulle gedoen het. Daarna het Hy hulle saamgeneem in die rigting van die dorp Betsaida waar hulle alleen kon wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die •apostels het teruggekeer en vir Jesus vertel wat hulle alles gedoen het. Toe het Hy, met net hulle by Hom, na 'n dorp gegaan wat Betsaida genoem word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die apostels terugkom, het hulle vir Jesus vertel wat hulle alles gedoen het. Daarna het Jesus gesê hulle moet saam met Hom gaan na die stad Betsaida sodat hulle alleen kon wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Intussen het die twaalf dissipels van Jesus teruggekeer van hulle sending en opgewonde vir Hom kom vertel van alles wat hulle gedoen het. Toe sê Hy vir hulle: “Kom saam met My daar na die omgewing van Betsaida toe. Ek wil graag ’n bietjie alleen wees.”