Luke 9:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Hy sy twaalf dissipels bymekaargeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eendag het Jesus sy twaalf apostels bymekaargeroep en hulle mag en gesag oor duiwels gegee asook om alle siektes te genees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees. |
| Afrikaans 1983 | Jesus het die twaalf bymekaargeroep en aan hulle mag en gesag gegee om alle bose geeste uit te dryf en siektes te genees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het die twaalf bymekaargeroep, en aan hulle mag en gesag oor alle demone gegee en om siektes te genees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het die twaalf dissipels geroep. Hy het vir hulle krag gegee om duiwels uit mense te jaag en siek mense gesond te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kort daarna het Jesus sy twaalf dissipels bymekaargeroep. Hy sê toe vir hulle: “Ek maak julle nou sterker as al die bose magte. Ek gee ook aan julle die krag om siekes gesond te maak. Gaan dan nou uit en vertel vir die mense dat God se nuwe wêreld hier is. Maak ook die siekes gesond.” |