Luke 8:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sommige het tussen die dorings geval; en die dorings het daarmee opgespring en dit verstik.
Afrikaans (NLV) 2011 Nog ’n deel het geval waar dorings opgeskiet en die nuwe blare versmoor het.
Afrikaans 1933/1953 En 'n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik.
Afrikaans 1983 Nog 'n ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het daarmee saam gegroei en dit laat verstik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nog 'n deel het tussen die dorings geval, en die dorings het saam met die saad gegroei en dit verstik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party van die saad het tussen die dorings geval. Die dorings het saam met die saad gegroei, en die dorings het die plantjies heeltemal toegegroei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van die ander saad wat die boer gesaai het, het tussen die doringbosse beland wat in die land gegroei het. Soos die doringbosse groter geword het, het dit die plantjies heeltemal doodgedruk.