Luke 8:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en terwyl hy saai, het 'n deel langs die pad geval; en dit is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “’n Boer het uitgegaan om saad te saai. Terwyl hy dit oor die land gestrooi het, het ’n deel op ’n voetpad geval waarop getrap word en die voëls het dit kom eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val 'n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet. |
| Afrikaans 1983 | “'n Saaier het uitgegaan om saad te saai. Met die saai het 'n deel op die pad geval, en dit is vertrap en die voëls het dit opgepik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “'n Saaier het uitgegaan om saad te saai. Tydens die saaiery het 'n deel van die saad langs die pad geval; dit is vertrap en die voëls van die hemel het dit kom oppik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “'n Man was besig om saad te saai en terwyl hy gesaai het, het party van die saad op die voetpad in die koringland geval. Daar het die mense op die saad getrap en die voëls het dit opgepik. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Eendag was daar ’n boer wat saad in sy land gaan saai het. Hy het die saad oor die grond uitgestrooi. ’n Deel van die saad het toe op die voetpad beland wat deur die land loop. Dit is deur mense stukkend getrap. Die voëls het toe haastig daarop toegesak en alles opgeëet. |