Luke 8:49 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Terwyl hy nog spreek, kom daar een van die owerste van die sinagoge se huis en sê vir hom: Jou dogter is dood; moeilikheid nie die Meester nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl Hy nog met haar praat, het ’n boodskapper van Jaïrus se huis af gekom met die nuus: “Jou dogter is dood. Dis nie meer nodig om die Leermeester te pla nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl Hy nog spreek, kom daar iemand van die owerste van die sinagoge se huis en sê vir hom: U dogter is dood, moenie die Meester lastig val nie. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl Hy nog praat, kom daar iemand van die raadslid van die sinagoge se huis af om te sê: “U dogter is al dood. Moenie nog ons Leermeester lastig val nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl Hy nog praat, kom daar iemand van die leier van die sinagoge se huis af en sê: “U dogter is nou net dood. Moenie die leermeester langer lastig val nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een van Jaïrus se mense het daar aangekom terwyl Jesus besig was om te praat. Die man het vir Jaïrus gesê: “Jou dogtertjie is dood. Jy moenie die Meneer nog pla nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl Jesus nog besig was om te praat, kom daar iemand van die huis van die hoof van die sinagoge af en sê vir hom: “Ek het baie slegte nuus: jou dogter is nou net dood. Los maar die Leermeester uit. Hy kan nou niks meer vir haar doen nie.” |