Luke 8:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jesus sê: Wie het My aangeraak? Toe almal dit ontken, sê Petrus en die wat saam met hom was: Meester, die skare drom U en druk U, en U sê: Wie het My aangeraak?
Afrikaans (NLV) 2011 “Wie het My aangeraak?” het Jesus gevra. Almal het dit ontken, en Petrus het gesê: “Meneer, die hele skare stoot en druk voortdurend teen U.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Jesus: Wie is dit wat My aangeraak het? En toe almal dit ontken, sê Petrus en die wat by hom was: Meester, die skare druk en verdring U, en U sê: Wie is dit wat My aangeraak het?
Afrikaans 1983 “Wie het My aangeraak?” Toe almal ontken dat dit hulle is, sê Petrus: “Here, die mense dring tog rondom U saam en druk teen U.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wie het My aangeraak?” het Jesus gevra. Toe almal dit ontken, het •Petrus gesê: “Meester, die skare dring tog rondom U saam en druk teen U aan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het gevra: “Wie het aan My geraak?” Almal het gesê hulle het nie aan Hom geraak nie. Petrus het gesê: “Here, hier is baie mense wat teen U druk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus het dit dadelik agtergekom en gevra: “Wie het nou net aan My geraak?” Maar almal het net die kop geskud en gesê: “Nie ek nie.” Petrus was so ’n bietjie uit die veld geslaan deur Jesus se vraag. “Here, daar is baie mense om U. Hulle almal skuur tog teen U verby en stamp teen U.”