Luke 8:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, daar kom 'n man met die naam van Jaïrus, en hy was 'n owerste van die sinagoge; en hy het voor Jesus se voete neergeval en Hom gesmeek om in sy huis te kom.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Man met die naam Jaïrus, ’n leier van die plaaslike sinagoge, het gekom en voor Jesus se voete neergeval en Hom gesoebat om saam met hom na sy huis te gaan.
Afrikaans 1933/1953 En daar kom 'n man wie se naam Ja‹rus was, en hy was 'n owerste van die sinagoge; en hy val voor die voete van Jesus neer en smeek Hom om na sy huis te kom;
Afrikaans 1983 Skielik kom daar 'n man aan. Dit was Jaïrus, 'n raadslid van die sinagoge. Hy het op sy knieë voor Jesus se voete geval en Hom gesmeek om na sy huis toe te kom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, daar kom toe 'n man aan met die naam Jaïrus. Hy was 'n leier van die •sinagoge. Hy het voor Jesus se voete neergeval en Hom gesmeek om na sy huis te kom,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Man het na Jesus toe gekom. Sy naam was Jaïrus. Hy was 'n belangrike man in die sinagoge. Hy het voor Jesus op die grond gekniel en hy het vir Jesus gesoebat om na sy huis te kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Man met die naam Jaïrus, een van die hoofde van die sinagoge waar die Jode God aanbid het, het haastig tussen die mense deurgevleg en voor Jesus op die grond kom neerval.