Luke 8:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Jesus terugkom, het die mense Hom met blydskap ontvang, want almal het Hom gewag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | By sy terugkeer het die skares Jesus met ope arms ontvang omdat hulle vir Hom gewag het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Jesus terugkom, het die skare Hom verwelkom; want almal was Hom te wagte. |
| Afrikaans 1983 | Toe Jesus van die oorkant af terugkom, het die mense Hom verwelkom, want almal was Hom te wagte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met Jesus se terugkoms het die skare Hom verwelkom, omdat almal vir Hom gewag het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het teruggegaan na die provinsie Galilea. Baie mense het na Hom toe gekom, want almal het vir Hom gewag om te kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Jesus weer in Galilea aankom, het ’n skare mense Hom ingewag. Hulle was baie bly om Hom te sien. |