Luke 8:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe baie mense bymekaargekom het en uit elke stad na Hom gekom het, het Hy deur 'n gelykenis gesê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eendag het Jesus hierdie gelykenis vertel aan ’n groot skare wat uit baie dorpe gekom het om na Hom te luister: |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe daar 'n groot menigte vergader, en die wat uit die verskillende stede by Hom aangesluit het, sê Hy aan hulle deur 'n gelykenis: |
| Afrikaans 1983 | Uit die verskillende dorpe het aanhoudend mense na Jesus toe gestroom, en toe 'n groot menigte saamgekom het, het Hy vir hulle 'n gelykenis vertel: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Uit die een dorp ná die ander het mense na Jesus gestroom; en toe 'n groot skare van hulle bymekaar was, het Hy vir hulle 'n gelykenis vertel: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Baie mense het na Jesus toe gekom uit al die stede wat daar naby was. Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis. Hy het gesê: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Groot klomp mense het van oral af na Jesus toe gestroom. Hy het toe vir hulle die volgende verhaal vertel: |