Luke 8:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Keer terug na jou huis en vertel hoe groot dinge God aan jou gedoen het. En hy het weggegaan en in die hele stad bekend gemaak hoe groot dinge Jesus aan hom gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Nee, gaan terug na jou familie toe en vertel vir hulle al die wonderlike dinge wat God vir jou gedoen het.” Hy het toe deur die hele dorp loop en vertel watter groot ding Jesus vir hom gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 Gaan terug na jou huis en vertel watter groot dinge God aan jou gedoen het. En hy het gegaan en deur die hele stad verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het.
Afrikaans 1983 “Gaan terug na jou huis toe en vertel alles wat God vir jou gedoen het.” Hy het toe gegaan en die hele dorp deur bekend gemaak wat Jesus vir hom gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Gaan terug na jou huis en vertel daar wat God alles vir jou gedoen het.” Hy het toe weggegaan en dwarsdeur die dorp bekend gemaak wat Jesus vir hom gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Gaan terug na jou huis en vertel vir die mense alles wat God vir jou gedoen het.” Die man het weggegaan en hy het vir almal in die stad vertel wat Jesus vir hom gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Gaan terug na jou eie mense toe en vertel hulle watter wonderlike dinge God vir jou gedoen het.” Daarna het die man vir almal in sy dorp gaan vertel watter wonderlike dinge Jesus vir hom gedoen het.