Luke 8:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die man uit wie die duiwels uitgegaan het, het Hom gesmeek om by hom te wees, maar Jesus het hom weggestuur en gesê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die man wat van duiwels besete was, het gesoebat om ook saam te gaan, maar Jesus het gesê: |
| Afrikaans 1933/1953 | En die man uit wie die duiwels uitgevaar het, het Hom gebid om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom laat gaan en gesê: |
| Afrikaans 1983 | Die man uit wie die bose geeste uitgevaar het, het Jesus gesmeek om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom weggestuur en gesê: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die man uit wie die demone uitgegaan het, het Jesus gesmeek om by Hom te kon bly. Maar Hy het hom weggestuur en gesê: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man uit wie die duiwels gegaan het, het gesoebat om saam met Jesus te gaan. Maar Jesus het die man weggestuur en Hy het vir hom gesê: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net voordat Jesus vertrek het, het die man uit wie Hy die duiwels verdryf het Hom gevra of hy nie by Hom kon bly nie. Jesus het gesê: |