Luke 8:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die hele menigte van die land van die Gadareners rondom Hom gesmeek om van hulle af weg te gaan; en hy het in die skuit geklim en teruggekeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En al die mense in daardie omgewing het Jesus gesmeek om weg te gaan en hulle uit te los, want groot vrees het hulle beetgepak. Jesus het toe in die skuit geklim en na die oorkant van die meer teruggekeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die hele menigte van die omtrek van die Gadar,ners het Hom gevra om van hulle weg te gaan, omdat hulle deur 'n groot vrees bevang was. Toe het Hy in die skuit geklim en teruggegaan. |
| Afrikaans 1983 | Toe het al die inwoners van die gebied van die Geraseners vir Jesus gevra om van hulle af weg te gaan omdat hulle baie bang was. Hy het toe in die skuit geklim en teruggegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het al die inwoners van die omgewing van Gerasa Jesus versoek om van hulle af weg te gaan, omdat hulle deur groot angs oorval is. Hy het toe in die boot geklim en teruggekeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die mense in die land waar die Gerasene gewoon het, het vir Jesus gevra om weg te gaan van hulle, want hulle almal het baie bang geword. Jesus het toe in die boot geklim en weggegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense van Gerasa het toe vir Jesus gevra om liewer pad te gee. Hulle was baie bang en het nie kans gesien dat nog sulke dinge daar by hulle gebeur nie. Jesus het toe in die boot geklim en teruggegaan na die oorkant toe. |