Luke 8:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hulle uitgegaan om te kyk wat gebeur het; en na Jesus gekom en die man gevind uit wie die duiwels uitgegaan het, sit aan die voete van Jesus, geklee en by sy volle verstand; en hulle was bevrees.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar het gou ’n skare rondom Jesus vergader, want hulle wou self sien wat gebeur het. Hulle het die man wat voorheen van duiwels besete was, by Jesus se voete sien sit, geklee en by sy volle verstand; en die hele skare het bang geword.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het hulle uitgegaan om te sien wat gebeur het; en hulle het by Jesus gekom en die man gevind uit wie die duiwels uitgevaar het, terwyl hy aan die voete van Jesus sit, gekleed en by sy verstand. En hulle het gevrees.
Afrikaans 1983 Die mense gaan kyk toe wat gebeur het. Hulle kom by Jesus en daar kry hulle die man uit wie die bose geeste uitgevaar het. Hy sit by die voete van Jesus, met klere aan en by sy volle verstand, en hulle het bang geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die mense het gaan kyk na wat gebeur het, en toe hulle by Jesus aankom, vind hulle die man uit wie die demone uitgegaan het, waar hy by Jesus se voete sit, met klere aan en by sy volle verstand; en hulle het bang geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het gekom om te sien wat gebeur het. Toe hulle by Jesus kom, sien hulle die man, die duiwels het uit hom uitgegaan. Hy het by die voete van Jesus gesit. Hy het klere aangehad. Daar was nie meer duiwels in hom nie, hy was nie meer mal nie. Die mense het groot geskrik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Klomp mense het vinnig na die plek toe gekom waar Jesus die duiwels uit die man verjaag het. Hulle wou sien wat aan die gang was. Toe hulle daar aankom, sien hulle die man wat vol duiwels was aan Jesus se voete sit. Hy het klere aangehad en rustig geluister na wat Jesus sê. Toe het die mense bang geword.