Luke 8:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe die wat hulle gevoed het, sien wat gebeur het, het hulle gevlug en gegaan en dit in die stad en in die land vertel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die wagters dit sien, het hulle na die dorp daar naby en sy omliggende gebiede gehardloop en die nuus versprei so ver hulle gehardloop het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die wagters sien wat gebeur het, het hulle gevlug en dit in die stad en in die buitewyke gaan vertel. |
| Afrikaans 1983 | Toe die wagters sien wat gebeur het, hardloop hulle weg en gaan vertel dit in die dorp en op die plase. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die wagters dit sien gebeur, het hulle op die vlug geslaan en dit in die dorp en op die platteland gaan vertel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die wagters wat die varke opgepas het, het gesien wat gebeur het. Hulle het weggehardloop en hulle het alles gaan vertel in die stad en op die plase. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mans wat die varke opgepas het, het hulle morsdood geskrik toe hulle sien wat gebeur. Hulle het dadelik teruggehardloop na hulle dorp toe. So ver as wat hulle gehardloop het, het hulle vir almal langs die pad vertel wat gebeur het. Kort voor lank was almal in rep en roer. |