Luke 8:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die duiwels uit die man uitgegaan en in die varke ingegaan;
Afrikaans (NLV) 2011 Die bose geeste het toe uit die man uitgekom en in die varke gevaar, en die hele trop het teen die hang afgestorm die see in en versuip.
Afrikaans 1933/1953 Daarop gaan die duiwels uit die man uit en vaar in die varke in, en die trop het van die krans af in die see gestorm en verdrink.
Afrikaans 1983 en die bose geeste het uit die man uitgegaan en in die varke ingevaar. Die trop sit toe op loop teen die hang af, die see in, en hulle versuip.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die demone het uit die man uitgegaan en in die varke ingevaar. Die trop het op loop gesit teen die helling af, die see in, en versuip.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die duiwels het uit die man uitgegaan en hulle het in die varke ingegaan. Die varke het teen die berg afgehardloop tot binne-in die see. Daar het almal verdrink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar en dan het die duiwels uit die man padgegee en in die varke ingevaar. Toe breek daar chaos los. Die hele trop varke het skielik oor die kant van die berg gestorm en in die see geval. Daar het hulle almal verdrink.