Luke 8:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was 'n trop baie varke wat op die berg gewei het, en hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle sou toelaat om in hulle in te gaan. En hy het hulle verdra. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Groot trop varke het teen die berghang daar naby gewei, en die bose geeste het gesmeek om in die varke in te vaar. Jesus het hulle toegelaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar het 'n groot trop varke op die berg gewei. Toe smeek hulle Hom dat Hy hulle sou toelaat om in die varke in te vaar. En Hy het hulle toegelaat. |
| Afrikaans 1983 | Daar het 'n hele trop varke teen die berg geloop. Die bose geeste het Jesus gesmeek om hulle toe te laat om in die varke in te vaar. Hy het hulle dit toegelaat, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar het 'n taamlike groot trop varke teen die berghang gewei. Hulle het Hom gesmeek om hulle toe te laat om in die varke in te vaar, en Hy het hulle toegelaat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Groot trop varke het teen die kant van die berg gewei. Die duiwels het vir Jesus gesoebat om hulle in die varke te laat ingaan. Jesus het gesê hulle mag dit doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle vra toe of Hy hulle nie liewer in die groot trop varke wou instuur wat daar naby hulle op die berg gewei het nie. Jesus het ingestem. |