Luke 8:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | (Want Hy het die onrein gees beveel om uit die mens uit te gaan, want dikwels het dit hom gevang, en hy is met kettings en boeie geboei, en hy het die bande verbreek en deur die duiwel in die woestyn gedryf.) |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want Jesus het alreeds die bose gees beveel om hom te verlaat. Die gees het hom dikwels beetgepak. Selfs al was hy met kettings geboei, het hy dit eenvoudig gebreek en in die woestyn ingehardloop, heeltemal in die mag van die bose gees. |
| Afrikaans 1933/1953 | want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe. |
| Afrikaans 1983 | Dit het hy gesê omdat Jesus die onrein gees beveel het om uit die man uit te gaan. Dit was 'n bose gees wat hom al baiekeer beetgepak het. Al het hulle hom met hand- en voetboeie vasgemaak om hom in bedwang te hou, het hy die boeie uitmekaar geruk en is hy deur die bose gees die woestyn in gejaag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want Jesus was op die punt om die •onrein gees wat hom al baie kere beetgepak het, te beveel om uit die man uit te gaan. Hulle het hom voortdurend met hand- en voetboeie geboei om hom in bedwang te hou, maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en is deur die demoon na verlate plekke gedryf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man het dit gesê omdat Jesus vir die onrein gees gesê het hy moet uit die man uitgaan. Voorheen het die onrein gees die man baie maal aangeval. Dan moes die mense die man vasbind met kettings en voetboeie en hulle moes hom toesluit. Maar die man het altyd die kettings en boeie stukkend gebreek en dan het die duiwel hom in die woestyn ingejaag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |