Luke 8:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe hy Jesus sien, het hy uitgeroep en voor hom neergeval en met 'n groot stem gesê: Wat het ek met U te doen, Jesus, Seun van God, die Allerhoogste? Ek smeek U, pynig my nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net toe hy Jesus sien, het hy gegil en op die grond voor Hom geval en geskreeu: “Waarom steur U my, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Asseblief, ek smeek U, moet my nie martel nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy Jesus sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met 'n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie -- |
| Afrikaans 1983 | Toe hy Jesus sien, skreeu hy en val op sy knieë voor Hom neer terwyl hy hard uitroep: “Wat het U met my te doen, Jesus, Seun van God die Allerhoogste? Ek smeek U, moet my nie pynig nie!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy Jesus sien, het hy uitgeroep, voor Hom neergeval en met 'n harde stem geskreeu: “Los my uit, Jesus, •Seun van God, die Allerhoogste! Ek smeek U, moet my nie pynig nie!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die man vir Jesus sien, het hy hard geskree en voor Jesus op die grond geval. Hy het hard geskree: “Wat wil U met my doen, Jesus, Seun van die Allerhoogste God? Ek soebat U, U moenie vir my seermaak nie, asseblief.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [28-29] Toe hierdie man naby Jesus kom, het hy skielik aan die skree gegaan en op die grond neergeval. Hy roep toe kliphard uit: “Vir wat kom U hier na my toe, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek smeek U: moet my asseblief nie seermaak nie.” |