Luke 8:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy uitgaan na die land, kom daar 'n sekere man uit die stad hom tegemoet wat lank duiwels gehad het en geen klere gedra het nie, en ook nie in enige huis gebly nie, behalwe in die grafte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl Jesus uit die skuit klim, het ’n man wat van duiwels besete was en vroeër in die plaaslike dorp gewoon het, na Hom toe gekom. Hy was kaal en het nie ’n huis gehad nie; hy het vir ’n lang tyd in ’n begraafplaas gebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Hy aan wal uitklim, kom 'n sekere man uit die stad Hom tegemoet, wat vir 'n geruime tyd van duiwels besete was en geen klere gedra het nie; hy het ook nie in 'n huis gewoon nie, maar in die grafte. |
| Afrikaans 1983 | Toe Jesus daar aan wal gaan, het 'n man van 'n dorp af Hom tegemoet gekom. Hy was van bose geeste besete en het 'n hele tyd al nie meer klere gedra nie en ook nie in 'n huis gebly nie, maar tussen grafte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Jesus aan wal stap, het 'n man wat in die mag van demone was, Hom uit die dorp tegemoet gegaan. Hy het al vir 'n hele ruk nie meer klere gedra nie, en ook nie in 'n huis gebly nie, maar tussen die rotsgrafte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hulle uit die boot klim, kom daar 'n man uit die stad na Jesus toe. Die man was vol duiwels, hy was mal. Hy het 'n lang tyd niks klere gedra nie en hy het nie in 'n huis gewoon nie. Hy het in die grafte gewoon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar aangekom, het ’n man sonder ’n draad klere aan vinnig op Jesus afgestap. Hy was al ’n lang tyd in die mag van ’n klomp duiwels; daarom dat hy nie meer klere gedra het nie. Hy het sommer daar buite tussen die grafte gebly. Die duiwels het hierdie arme man omtrent verrinneweer. Baiekeer het hulle hom soos ’n mal mens laat rondhardloop en skree. Ander mense het tevergeefs probeer om hom in toom te hou. Hulle het sy hande met swaar kettings vasgebind en dik boeie om sy voete gesit, maar hy het dit gebreek en dan weggehardloop. Later het hy omtrent heeltyd in die woestyn rondgeswerf. |