Luke 8:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het na Hom gekom en Hom wakker gemaak en gesê: Meester, Meester, ons vergaan. Toe staan hy op en bestraf die wind en die woedende water; en hulle het opgehou, en daar het stilte gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Die dissipels het Hom wakker geskud en geskree: “Leermeester, ons is besig om onder te gaan!” Jesus het die siedende wind en golwe bestraf. Die storm het bedaar en alles was weer kalm.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het na Hom gegaan en Hom wakker gemaak en gesê: Meester, Meester, ons vergaan! Hy staan toe op en bestraf die wind en die watergolwe, en hulle het bedaar en daar het 'n stilte gekom.
Afrikaans 1983 Hulle gaan toe na Jesus toe en maak Hom wakker met die uitroep: “Meneer, Meneer, ons vergaan!” Toe staan Hy op en bestraf die wind en die golwe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het Jesus gaan wakker maak en uitgeroep: “Meester, Meester, ons vergaan!” Hy het opgestaan en die wind en die stormsee bestraf. Dit het bedaar, en alles het kalm geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dissipels gaan toe na Jesus toe en hulle maak Hom wakker. Hulle het vir Hom gesê: “Meneer, Meneer, ons sal verdrink.” Toe Jesus wakker word, het Hy kwaai gepraat met die wind en die groot branders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hulle rondkyk waar Jesus is, kom hulle agter Hy lê nog vas aan die slaap. Baie benoud het hulle Hom wakker geskud: “Here, Here, word wakker! Ons is besig om te vergaan en U lê en slaap! Kom help ons!” Jesus het opgestaan en vir die wind en die woeste golwe gesê: “Bedaar! Hou op met waai!” Hy het ook vir die water gesê om kalm te word. En toe, skielik, was alles oor. Die wind het bedaar en die see was weer spieëlglad. Alles was doodstil.