Luke 8:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar terwyl hulle vaar, het hy aan die slaap geraak, en 'n stormwind het op die meer neergedaal; en hulle was vol water en was in gevaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op pad oorkant toe het Jesus gaan lê om te slaap, en terwyl Hy slaap, het die wind begin opsteek. ’n Hewige storm het losgebars wat hulle wou laat ondergaan. Hulle was in lewensgevaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl hulle seil, raak Hy aan die slaap. Toe kom daar 'n stormwind op die see af en die skuit het begin vol word, en hulle was in gevaar. |
| Afrikaans 1983 | “Kom ons gaan na die oorkant van die meer toe.” Hulle vaar toe weg, en terwyl hulle seil, raak Jesus aan die slaap. 'n Hewige stormwind het op die meer losgebars en die skuit het vol water begin word sodat hulle in lewensgevaar was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Tydens die vaart het Hy aan die slaap geraak. 'n Hewige stormwind het op die meer neergeswiep. Die boot het vol water begin word, en hulle was in lewensgevaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Voordat hulle daar was, het Jesus aan die slaap geraak. Skielik het 'n sterk stormwind oor die see begin waai. Die boot het vol water geword en dit het gevaarlik geword vir hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het rustig in die boot gaan lê en aan die slaap geraak. Later het ’n groot storm op die see opgesteek. Die wind het kwaai begin waai en die see het skielik baie onstuimig geword. Kort voor lank het groot golwe oor die boot geslaan sodat dit vol water begin word het. Later het die dissipels gedink die boot gaan sink. |