Luke 8:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op 'n sekere dag het Hy saam met sy dissipels in 'n skip geklim, en Hy sê vir hulle: Kom ons gaan oor na die oorkant van die meer. En hulle het weggespring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eendag het Jesus vir sy dissipels gesê: “Kom ons vaar oor na die ander kant van die meer.” Hulle het in ’n skuit geklim en begin oorvaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op een van daardie dae het Hy en sy dissipels in 'n skuit gegaan; en Hy het vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die oorkant van die see. En hulle het weggevaar |
| Afrikaans 1983 | Op 'n dag het Jesus en sy dissipels in 'n skuit geklim en Hy het vir hulle gesê: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op 'n sekere dag het Jesus en sy dissipels in 'n boot geklim, en Hy het vir hulle gesê: “Kom ons gaan na die oorkant van die meer,” en hulle het uitgevaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Eendag het Jesus saam met sy dissipels in 'n boot geklim. Jesus sê toe vir hulle: “Kom ons gaan na die ander kant van die see.” Hulle het dit gedoen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag het Jesus vir sy dissipels gesê: “Kom ons gaan daar na die oorkant van die See van Galilea toe.” Hulle almal het toe in ’n boot geklim en na die oorkant toe begin vaar. |