Luke 8:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy antwoord en sê vir hulle: Dit is my moeder en my broers wat die woord van God hoor en dit doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het geantwoord: “My ma en broers is al die mense wat die boodskap van God hoor en dit gehoorsaam.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Hy antwoord en sê vir hulle: My moeder en my broers is die wat die woord van God hoor en dit doen. |
| Afrikaans 1983 | Maar Jesus sê: “My moeder en my broers is dié wat na die woord van God luister en daarvolgens handel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Jesus antwoord hulle: “Wie na die woord van God luister en dit gehoorsaam, hulle is my moeder en my broers.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jesus het vir hulle gesê: “My ma en my broers is die mense wat die boodskap van God hoor en doen wat God wil hê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus sê toe: “Weet julle wie regtig my familie is? Almal wat luister na wat Ek oor God se nuwe wêreld sê, en dit gaan doen. Hulle is my ma, my broers, my susters.” |