Luke 8:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sekere vroue wat van bose geeste en swakhede genees was, het Maria Magdalena geroep, uit wie sewe duiwels uitgegaan het,
Afrikaans (NLV) 2011 asook ’n paar vroue wat Hy gesond gemaak het en uit wie Hy bose geeste gedryf het. Onder hulle was Maria Magdalena uit wie Hy sewe bose geeste gedryf het,
Afrikaans 1933/1953 ook sekere vroue wat genees was van bose geeste en siektes: Maria wat Magdal,na genoem word, uit wie sewe duiwels uitgegaan het,
Afrikaans 1983 en daarby 'n aantal vroue wat van bose geeste en siektes genees was. Daar was Maria, bekend as Magdalena, uit wie sewe bose geeste uitgegaan het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en ook 'n aantal vroue wat van bose geeste en siektes genees is, naamlik Maria, wat bekend was as Magdalena, uit wie sewe demone uitgegaan het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was ook vroue by hulle. Jesus het hierdie vroue voorheen gesond gemaak toe Hy bose geeste uit hulle laat gaan het. Een van die vroue was Maria Magdalena. Sewe duiwels het uit haar uitgegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Klompie vroue wat deur Jesus van bose geeste vrygemaak is en ’n paar ander wat deur Hom gesond gemaak is, het ook saam met hulle van plek tot plek gestap. Een van hierdie vroue se naam was Maria. (Sy is ook Magdalena genoem omdat sy van die dorp Magdala afkomstig was.) Jesus het sewe duiwels uit haar verdryf.