Luke 8:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het sy moeder en sy broers na hom gekom, en hulle kon nie na hom toe kom vanweë die pers nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eenkeer toe Jesus se ma en broers gekom het om Hom te besoek, kon hulle vanweë die skare nie by Hom uitkom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy moeder en broers het na Hom gekom, en weens die skare kon hulle Hom nie bereik nie. |
| Afrikaans 1983 | Die moeder en die broers van Jesus het na Hom toe gekom, maar vanweë die gedrang kon hulle nie tot by Hom kom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus se moeder en broers het na Hom gekom, maar as gevolg van die skare kon hulle Hom nie bereik nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus se ma en broers het vir Hom kom kuier. Hulle kon nie naby Hom kom nie, want daar was te veel mense rondom Hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus was nog aan die praat toe sy ma en broers daar aankom. Hulle wou iets vir Hom sê. Maar daar was so baie mense dat hulle nie naby Hom kon kom nie. |