Luke 8:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want niks is verborge wat nie openbaar sal word nie; ook niks wat verborge is wat nie bekend sal word en na buite sal kom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want alles wat weggesteek is, sal sigbaar word en alles wat geheim is, sal uiteindelik aan die lig kom vir almal om te sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie. |
| Afrikaans 1983 | Daar is niks geheim wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en aan die lig sal kom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar is niks verborge wat nie blootgelê sal word nie, en niks weggesteek wat nie bekend sal word en aan die lig sal kom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God is Koning. Niemand kan hierdie geheim wegsteek nie. Almal sal daarvan weet en almal sal dit kan sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “’n Mens kan niks wegsteek wat jy doen nie. Geen woord of daad is so ’n groot geheim dat God nie daarvan weet nie. Alles sal aan die lig kom. Alles wat mense doen, sal uiteindelik bekend wees. |