Luke 8:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dié langs die pad is hulle wat hoor; dan kom die duiwel en neem die woord uit hulle harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die saad wat op die harde pad geval het, is die mense wat die boodskap hoor, maar dan kom die duiwel en steel dit en verhoed hulle om te glo en verlos te word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Di, langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie. |
| Afrikaans 1983 | Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die saad langs die pad is die mense wat die woord wel hoor, maar dan kom die Duiwel en neem die woord uit hulle harte weg, sodat hulle nie tot geloof kom en verlos word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die saad op die voetpad val, dan is dit soos wanneer mense die boodskap van God hoor, maar dan kom die duiwel en hy vat die boodskap weg uit hulle harte. Dan kan hulle nie glo nie, en dan red God hulle nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die saad wat op die voetpad geval het... Wel, dit is die mense wat na die boodskap oor God se nuwe wêreld luister, maar hulle steur hulle nie daaraan nie. Die duiwel sorg dat hulle baie gou vergeet wat hulle gehoor het sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie. Net soos die voëls met die saad gedoen het, kom ‘pik’ die duiwel die goeie saad uit hulle gedagtes uit. |