Luke 8:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy sê: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken, maar aan ander in gelykenisse; sodat hulle nie sien nie, en as hulle hoor, nie sou verstaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het geantwoord: “God het dit aan julle gegee om die geheime van sy koningsheerskappy te verstaan. Maar vir buitestanders is die gelykenisse raaisels, sodat dit waar word wat die Skrif sê: ‘Hulle sien wat Ek doen, maar eintlik sien hulle nie; hulle hoor wat Ek sê, maar hulle verstaan nie.’
Afrikaans 1933/1953 En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.
Afrikaans 1983 Hy het geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van God te ken, maar vir die ander bly dit by gelykenisse sodat “hulle kyk sonder om te sien en hoor sonder om te verstaan. ”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het geantwoord: “Aan julle is gegee om die geheimenisse van die •koninkryk van God te verstaan, maar vir ander bly dit bloot gelykenisse, sodat hulle “ ‘selfs al kyk hulle, nie sal sien nie, en selfs al hoor hulle, nie sal verstaan nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het gesê: “God het vir julle gehelp om die geheim te verstaan dat Hy Koning is en dat Hy regeer. Maar die ander mense verstaan dit nie. Ek vertel vir hulle gelykenisse. “ Daarom kyk daardie mense, maar hulle sien nie, en hulle hoor, maar hulle verstaan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus sê toe vir hulle: “As julle mooi na al my verhale luister, sal julle sommer baie oor God leer. Dan sal julle agterkom hoe dinge in sy splinternuwe wêreld werk. Julle sal dinge hoor wat julle nog nie geweet het nie. Maar daardie mense wat nie wil luister na wat Ek oor God se nuwe wêreld vertel nie, sal dit nooit verstaan nie. Vir hulle is my verhale maar net ’n klomp leë stories. Hulle kyk, maar sien nie. En hulle hoor, maar begryp niks nie.”