Luke 8:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarna het hy deur elke stad en dorp gegaan en die blye boodskap van die koninkryk van God verkondig en verkondig; en die twaalf was by hom, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nie lank hierna nie het Jesus begin met ’n reis deur al die dorpe en kleiner plekkies om die Goeie Nuus oor die koningsheerskappy van God bekend te maak. Hy het sy twaalf dissipels saamgeneem, |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarna het Hy die een stad en dorp ndie ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en die twaalf was saam met Hom, |
| Afrikaans 1983 | In die tyd wat nou gevolg het, het Jesus die land deurkruis van die een stad en dorp na die ander. Oral het Hy gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig. Die twaalf was saam met Hom |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kort daarna het Jesus deur die een stad en dorp na die ander gereis om te preek en die evangelie van die •koninkryk van God te verkondig. Die twaalf het saam met Hom gereis, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het deur baie stede gegaan, van die een stad na die ander stad. Hy het oral die goeie boodskap gebring dat God Koning is. Die twaalf dissipels het saam met Hom gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het daarna deur al die dorpe en klein plekkies gestap waar mense gebly het, en vir hulle die goeie nuus vertel dat God se nuwe wêreld hier is. Die twaalf dissipels het oral saam met Hom gegaan. |