Luke 7:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Jesus saam met hulle gegaan. En toe hy nie ver van die huis af was nie, het die hoofman oor honderd vriende na hom gestuur om vir hom te sê: Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak ingaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het dus saam met hulle gegaan. Maar net voordat hulle by die huis aangekom het, het die offisier ’n paar vriende gestuur om te sê: “Here, moenie moeite doen om na my huis toe te kom nie, want ek verdien nie so ’n eer nie.
Afrikaans 1933/1953 En Jesus het saam met hulle gegaan; maar toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die hoofman oor honderd vriende na Hom om vir Hom te sê: Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie.
Afrikaans 1983 Jesus het toe saam met hulle gegaan. Toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die offisier 'n paar van sy vriende om vir Hom te sê: “Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het saam met hulle gegaan. Hy was nie meer ver van die huis af nie, toe stuur die centurio vriende om vir Hom te sê: “Meneer, moenie verder moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het saam met hulle gegaan. Toe Hy naby die offisier se huis kom, kom 'n paar van die offisier se vriende na Jesus toe. Hulle het vir Jesus 'n boodskap van die offisier gebring. Hulle het gesê die offisier sê: “Here, dit is nie nodig dat U kom nie. Ek is nie 'n Jood nie, ek is nie goed genoeg dat U in my huis kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus het ingestem en saam met hulle gegaan. Toe hulle so ’n entjie van die offisier se huis af was, het hy van sy vriende na Jesus toe gestuur om vir Hom te sê: “Here, moet asseblief nie die moeite doen om verder te loop nie.