Luke 7:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U het my geen soen gegee nie, maar hierdie vrou het van die tyd dat ek ingekom het nie opgehou om my voete te soen nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy het My nie met ’n soen verwelkom nie, maar sy het my voete weer en weer gesoen vandat Ek hier ingekom het.
Afrikaans 1933/1953 'n Soen het jy My nie gegee nie; maar sy het, vandat sy ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie.
Afrikaans 1983 'n Soen het jy My nie gegee nie, maar sy het vandat sy hier ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy het My nie 'n soen gegee nie, maar sy het, vandat Ek hier aangekom het, nie opgehou om my voete te soen nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het My nie gesoen toe jy My gegroet het nie. Maar hierdie vrou het aangehou om my voete te soen vandat Ek ingekom het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy het My ook nie baie hartlik ontvang nie, nie eens ’n warm handdruk of ’n vriendelike omhelsing gegee nie. Maar hierdie vrou kon nie ophou om my voete te soen nie.